riviersonderend

George Bush se gay soldaat

with 2 comments

ericalva.jpgEric Alva was die eerste Amerikaanse soldaat wat beseer is na die inval in Irak. Hy het in 2003 op ‘n landmyn getrap en sy been verloor. George Bush, sy vrou en Donald Rumsfeld het hom in die hospitaal besoek. President Bush het aan hom die Purple Heart toekenning gegee vir sy bydra tot Amerika. Bush en Rumsfeld het egter nie geweet nie: Alva is gay.

Indien hulle dit sou uitvind, sou hy sy werk verloor het onder die Amerikaanse weermag se Don’t ask, don’t tell beleid. Vandag probeer hy saam met Martin Meehan, verteenwoordiger vir Massachussets, om die beleid te beëindig. Ek het hier berig dat die beleid deesdae selfs deur oud-generaals bevraagteken word.

Intussen het Condoleeza Rice besluit om vertalers wat die weermag ontslaan het, moontlik in diens te neem. Hulle is ontslaan nadat dit bekend geword het dat hulle gay is, ten spyte van die weermag se tekort aan Arabiese vertalers. Verteenwoordiger Gary Ackerman het opgemerk dat die Amerikaanse weermag banger is vir gays as vir terroriste. Hy hoop nie die terroriste vind uit daarvan nie, want dan kan hulle ‘n bende lesbiërs kry om die Amerikaners uit Bagdad uit te dryf.

Advertisements

Written by George Maru

1 Maart 2007 at 9:07

Posted in gay regte, nuus

Tagged with

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Dubbele standaarde het my nog nooit aangestaan nie.

    Da Mario

    2 Maart 2007 at 8:08

  2. hahahaha – ‘n bende lesbiers. Dit sou ‘n tipiese spoof movie inset kon wees.

    jakie

    2 Maart 2007 at 16:25


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: