riviersonderend

Argetipes: Die Monnik I

with 5 comments

200px-stanthony.jpgMatteus 19:21 het Antonius se lewe verander. Ait illi Iesus: << Si vis perfectus esse, vade, vende, quae habes, et da pauperibus, et habebis thesaurum in caelo; et veni, sequere me>>. Dit was ook nie die laaste keer dat iemand die woorde letterlik opgeneem het nie.

Antonius se welgestelde ouers sterf toe hy skaars 20 was en laat sy jonger suster in sy sorg. Hy besluit om Jesus se woorde in Matteus 19:21 te volg en verkoop hulle hele erfporsie. Die geld skenk hy aan die armes. Hy los sy suster in die sorg van betroubare maagde, voordat hy koers kies woestyn toe. So begin Antonius se geloofsreis.

Die monnik-argetipe word geken vir sy spirituele intensiteit, toewyding en deursettingsvermoë. Maar soms (goed, dikwels) is hulle oorvroom en ver verwyderd van wêreldse gebeure.

In die Christendom onstaan die asketiese tradisie in die 3de en 4de eeue. In die 2de en 3de eeue was die hoogste uitdrukking van toewyding aan die Christelike geloof om as martelaar te sterf. Toe beduiwel keiser Konstantyn alles. Hy verhef die Christelike geloof tot staatsgodsdiens. Onmiddellik begin Christene konformeer en wêreldse gebruike assimileer. Sommige gelowiges begin protesteer teen die verwêreldsing van geloof. Hulle distansieer hulself van die wêreld deur die asketiewe lewe aan te gryp. So word die monnik die nuwe martelaar deur alles wat lekker is af te sweer.

Antonius was dalk nie die eerste askeet nie, maar hy word gesien as die vader van die beweging. Nadat hy woestyn toe is, leef hy vir 20 jaar in isolasie. Alhoewel dit nie so mag voorkom nie, is hy baie besig in die tyd. Hy oorwin ‘n hele trop demone. Hulle verskyn as slange, wolwe en skerpioene. Dan lag hy vir hulle en hulle gee pad. Hy het ook engele gesien. Mense het na hom begin stroom wat sy afsondering in die wiele gery het. Presies hoe mense van hom uitgevind het, weet ek nie.

In elk geval na 20 jaar is sy isolasie verby. Mense hang aan sy lippe. Die woestyn het hom goed gedoen, want hy het 105 geword. Dit, ten spyte van sy intense behoefte om ‘n marteldood te sterf. So het hy by geleentheid homself in Alexandrië aangemeld vir ‘n marteldood. “Folter my – tot die dood toe,” het hy gevra.

Die eerste askete het nie almal woestyn toe getrek nie. Theodorius begin sy asketiese lewe deur hom af te sonder in ‘n kamer in sy ouerhuis. Sy ma kon hom darem nog voer.

Ammun, ‘n weeskind, was nie so gelukkig om woestyn toe te kon gaan nie. Sy asketiese ambisies word nekomgedraai deur sy oom. Op 22 forseer sy oom hom om te trou. Tog maak Ammun ‘n plan – hy en sy vrou leef vir 18 jaar selibaat. Ek is nie seker hoe sy daaroor gevoel het nie.

Simeon van Cilicia voer die afsondering in die woestyn tot nuwe hoogtes. Hy gaan sit op ‘n paal naby Antiogië. Dit was sy vierde paal. Elke paal was hoër as die vorige een (om God beter te kan hoor). Die vierde paal, waarop hy sy laaste 30 jaar spandeer, was vyftig voet hoog. Mense kom van heinde en ver om die spektakel te bekyk en hulself te bekeer by aanskoue van die selfopgelegde ellende.

Simeon se invloed strek tot in die keiserlike hofhouding. Keiser Theodosius II oorweeg of hy die sinagoges in Antiogië aan die Jode moet teruggee. Simeon laat weet per hemelse posduif dat dit heel onchristelik sou wees. Keiser Theodosius II stem saam en hou die sinagoges.

Nie alle askete sonder hulle alleen af nie. Sommiges vorm asketiese gemeenskappe. Die Boskoi vestig hulself naby Nisibis. Soos Antonius, inspireer ‘n teksvers hulle. Die keer was dit Psalm 49:20 (Septuaginta). Wat doen hulle toe? Wel, hulle vreet gras. Soos koeie. Hulle glo deur soos beeste te wei, sal hulle weer na die verlore beeld van God gevorm word. Dit het nie gebeur nie.

Askete het ook ander vreemde dinge gedoen, soos hulle vingers verbrand as hulle seksueel onrein was. Hulle het staande geslaap. Hulle vas sommer vir ‘n week. Soms, wanneer monnike gesterf het, het die ander agtergekom dat die monnik eintlik ‘n non was.

Askete (monnike en nonne) was nie altyd gehoorsaam nie… Meer daaroor later.

Hier is ‘n voorsmakie van die ongehoorsaamheid – artikel oor stoute, Poolse monnike hier beskikbaar (daar is ook ‘n skakel na ‘n video wat deur Youtube verwyder is.)

Advertisements

Written by George Maru

28 Februarie 2007 at 18:09

Posted in spiritualiteit

5 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. […] inskrywing beplan nie, maar nou ja, sometimes live happens while you are making other plans. In die eerste inskrywing oor die monnik argetipe, het ek na Simeon verwys wat 30 jaar op ‘n paal gesit […]

  2. Redelike godsdiens, is om ons liggaam te gee, as ‘n diensoffer, tot goeie werke om sodoende, die liggaam van Christus, die Gemeente, op te bou. Dit is nie om ‘n marteldood of stryd, te beleef.

    Hans Matthysen

    22 Mei 2007 at 21:08

  3. Ek sal binnekort deel 2 kom lees 🙂

    flintstoned

    26 Desember 2009 at 21:28

  4. Daar was toe nooit ‘n deel 2 nie 😆

    George Maru

    28 Desember 2009 at 11:38

    • 😯

      Weet jy, ek sou jou hits die dak ingejaag het soos ek soek! Dankie jy sê my… 😆

      flintstoned

      28 Desember 2009 at 12:43


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: