riviersonderend

Jesus se familie, Vol. MMCXV

with 3 comments

James I-am-the-king-of-the-world Cameron het ‘n dokumentêr (of is dit ‘n doku-drama) gemaak oor Jesus. Volgens Cameron se bewyse het Jesus ‘n seun gehad, genaamd Juda (sonder ‘n “s”). Blykbaar ondersteun DNA-toetse Cameron se hipotese. Teoloë (uit die aard van die saak) en argeoloë sê dat Cameron strooi praat.

Dit lyk darem asof Cameron nie die enigste persoon is wat van goeie dividende uit die jongste onthulling verseker is nie. Inwoners in die omgewing van die graf is ook opgewonde en voorspel ‘n ontploffing in die eiendomsmark. Christene kan nou langs Jesus se graf kom bly.

Verder lyk dit my iemand is aan die slaap gevang – ek weet nie van enige petisies om die produksie/vertoning van Cameron se hipotese te verbied nie.

Advertisements

Written by George Maru

27 Februarie 2007 at 11:15

Posted in nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek dink die meeste mense ken ‘n swak Da Vinci Code clone as hulle een sien.

    Johannes

    27 Februarie 2007 at 14:17

  2. Nog ‘n geleentheid om geld te maak en Sy naam ydellik te gebruik.

    Hans Matthysen

    22 Mei 2007 at 21:36

  3. Dit verstom my hoe die Naam Jesus die wereld “aan die gang” hou. Eers vir 11006 jaar voor Sy eerste koms… en nou na ongeveer 2013jaar na sy koms eerste koms en 4jaar voor Sy tweede of wederkoms… heelwaarskynlik in die jaar van onse Heer 2011…?

    Klink my soos die Ware Koning….van die heelal!

    (Rev 5:13) En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

    johannes_11

    23 Mei 2007 at 7:46


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: