riviersonderend

Oor die wet, wonderwerke en verkeerde antwoorde

with 2 comments

Eendag het rabbi’s argumenteer oor die wet. Rabbi Eliezer probeer hard om sy kollegas te oortuig dat sy interpretasie reg is. Ten spyte van sy reputasie as wetsgeleerde sonder gelyke, oortuig hy niemand nie. Hy dog toe as logika nie werk nie, dan sal hy maar wonderwerke doen. Soos jy nou maar doen as mense nie vir jou wil luister nie. Hy ontwortel ‘n boom. Daarna laat hy die huis se mure gevaarlik skeef trek.

Sy kollegas wil nie byt nie. Rabbi Joshua weet dat sy vriend ‘n direkte lyn na God het. Daarom besluit Rabbi Joshua om sommer vir God direk te vra: “As wetsgeleerdes oor die halaka stry, hoekom sal u betrokke raak?” Niks gebeur nie. Kollegas stry steeds. Rabbi Eliezer strip toe sy moer en roep uit: “As ek reg is, gee vir ons ‘n teken.” Onmiddellik hoor hulle ‘n stem uit die hemel vra: “Waarom betwyfel julle Rabbie Eliezer? Hy is reg.”

Dit is toe dat Rabbi Joshua terugbulder: “Die wet is vir die aarde bedoel, nie die hemel nie!”

Advertisements

Written by George Maru

21 Februarie 2007 at 8:52

Posted in spiritualiteit

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. In my vorige gemeente het ek en een omie gepraat oor kerkhereniging. Aangesien hy sterk gevoel het oor segregasie, veral in die kerk, het ek uiteindelik gevoel dat ons darem glo dat ons EENDAG seker in die hemel saam gaan wees?

    Waarop die oom ingestem het. “Maar,” het hy bygevoeg, “gelukkig is is ons darem nog nie in die jimmel nie.”

    freddy

    21 Februarie 2007 at 11:25

  2. Dit klink na ‘n Babel se verwarring, veral as almal na bo wys.

    Hans Matthysen

    26 Mei 2007 at 9:43


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: