riviersonderend

‘n Moontlike misverstand

with 16 comments

Na aanleiding van kommentaar wat ek via epos ontvang het oor Los Jesus liewers by die kerk, dink ek daar is ‘n paar misverstande wat ek graag opklaar:

1. Op geen manier is die bedoeling om persoonlike aanvalle te loots op enige persoon nie. Ek verstaan dat preke iets persoonliks is en dat mense daardeur iets van hulleself weergee. Preke bevat egter idees wat myns insiens wel bespreek en bevraagteken kan word. Dit is hierdie idees waarop ek wil fokus.

2. Die keuse van die preek was toevallig. Dit het ‘n onderwerp aangespreek waaroor ek ‘n opinie het. Sommige kerke stel preke op die internet beskikbaar. Namate ek bewus word van meer kerke se preke wat aanlyn beskikbaar is, sal die prekepoel groter raak.

3. Die doel bly steeds dialoog, selfs al is dit net ‘n interne dialoog. Riviersonderend is ‘n blog waar ek my persoonlike opinies weergee. Sommige mense mag daarmee saamstem, ander nie. Dit is die aard van blogging.

Hoop dit klaar enige misverstande op.

[Verandering aangebring: byvoeging, 20 Februarie 2007 08:35. Ter wille van balans, is enige persoon wat ‘n behoefte het en sterk genoeg daaroor voel, welkom om kommentaar te lewer op my gedagtes rondom die preke. Ek sal die kommentaar hier plaas, of ‘n skakel daarna.]

Advertisements

Written by George Maru

19 Februarie 2007 at 15:25

Posted in godsdiens

Tagged with

16 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Onder watter katogorie van tipe blog val jou blog George? I.v.m die blog awards? Ek dink jy blog heavy nice.

    Coenraad Steenkamp

    19 Februarie 2007 at 18:18

  2. Ek het riviersonderend ingeskryf as beste nuwe blog. Of dit sin maak om ‘n Afrikaanse blog in ‘n essensieel Engelse kompetisie te benoem weet ek nie.

    alleman

    20 Februarie 2007 at 0:42

  3. Julle is baie naais 🙂 Maar ek dink die awards is vir 2006 en daar het toe nie veel hier aangegaan nie.

    George Maru

    20 Februarie 2007 at 7:05

  4. Ja George, ongelukkig kan daar heelwat misverstande ontstaan sodra mens ‘n opinie het wat soms, wel, effe omstrede is. Such is life. 😉

    Da Mario

    20 Februarie 2007 at 7:39

  5. Tyd het ‘n einde…..!!!
    Ja jy het reggelees… ons christene glo mos dat daar ‘n tweede koms ( die wederkoms ) van die Messias gaan wees…. nie waar nie…?
    Daar is oor menige koeksusters of basaarbraais oor hierdie onderwerp baie erensige en “diepgebraaide” geestelike gesprekke gevoer oor die hierdie dag…. die Laaste Dag… iets waarna Paulus passievol na uitgesien het….! Ja selfs Moses, Jakob, Isak en Abraham… het na die Beloofde Land wat sommige van ons binnekort gaan binnegaan uitgesien.
    En toe staan alles toe allie tyd in die Boek geskrywe…..! Ons moes net eenvoudig lees…. en pleit om genade tot die Outeur van die Boek (die Bybel) sodat ons kan verstaan waar op die tydsraam van Sy Verlossingsplan in die verloop van die mensdom se geskiedenis ons ons bevind….!
    Praat vandag met enige nugtere koeksuster…. vir elke koeksuster wat met sorg geknie gesny en gekoeksuster is moet die dag aanbreek dat hy gebraai gaan word…. en gedoop gaan word…. en geeet gaan word (nadat sommige van ons eers dalk deur die ystydperk in die vrieskas deur gebring het).
    Vir hierdie en vele verborgenhede oor die einde van tyd… kan jy gerus http://www.timehasanend.org besoek….!
    En vir diegene wat hulself nog in een of ander kerkkombuis agter een of ander basaarkoeksuster bevind…. wil ek aanraai om jou gordel vas te trek…. want jy gaan dinge lees waarvoor jou dominee, of pastoor of rabbi en hulle uiters kundige kerkleiers nie gereed is om aan te hoor nie, en as hulle dit gehoor het nie sommer maklik uit eie beweging daaroor gaan predik nie….!
    Hieroor en oor die einde van tyd… lees asseblief die boek http://www.timehasanend.org….!
    Vir vele ander onderwerpe soos
    “Die Einde van die Kerk-era en Daarna” … kan jy gerus die boek “The End of the Church Age and After” op http://www.familyradio.org/zusa/graphical/literature/frame/ lees.

    Mag God julle ryklik seen.
    johannes_11
    besoek gerus
    http://www.familyradio.com
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande na Family Radio
    oor AM 1197khz oppi draadloos in Suider Afrika

    johannes_11

    3 April 2007 at 17:06

  6. Johannes die 2de: dalk het tyd ‘n einde, dalk is tyd net ‘n illusie. Wie weet? Waaroor ek egter baie seker is, is dat die goed waarvan jy praat nie gaan gebeur nie. Jy probeer nou mitologie met wetenskap vervleg. Dit werk nie.

    George Maru

    4 April 2007 at 10:40

  7. Tyd sal leer…
    of dalk die Woord
    die Bybel vergelyk met mitologie…?
    jy klink soos ‘n teoloog
    Die Bybel is waar
    al voel jy ook naar…!
    Lees hom weer lees hom klaar

    (Ecc 8:5) Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.

    (Ecc 8:6) Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.

    Die tyd van beslissing is hier…!

    Sien is glo
    Glo is sien

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz ….oppi draadloos
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    johannes_11

    5 April 2007 at 11:07

  8. Johannes die 2de:
    Die Bybel is ‘n storie
    in al sy glorie.
    Al klink dit hoe raar,
    bly dit ongetwyfeld waar.

    Jahwe was ‘n wrede god,
    hy vind vreugde in die mens se aaklige lot.
    Lees die Bybel van hoek tot kant klaar,
    en jy bly tot in jou tone naar.

    As jy dan wil bly glo,
    maak dan liewers so:
    Pak weg die Bybel
    en luister vir die dywel.

    George Maru

    5 April 2007 at 12:57

  9. Ons is vandag
    die 5de April van die Jaar van onse Heer 2007
    1660 dae vanaf die laaste dag
    van die Fees van Tabernakels
    wat op 20-1/10/2011 gaan plaasvind
    Volgens alles in die Skrif
    lyk dit ook na die Laaste Dag
    of dalk Nag…!

    Die Einde wanneer die Begin oppi wolke gaan kom
    Die Begin wanneer die Einde oppi wolke gaan wees

    Die Alfa wanneer die Omega oppi wolke gaan wees
    Die Omega wanneer die Alfa oppi wolke gaan kom

    Die Eerste wanneer die Laaste oppi wolke gaan kom
    Die Laaste wanneer die Eerste oppi wolke gaan wees

    WOW… of Wee O Wee….
    iets waarna die wolk van getuies oor die afgelope 13000jaar
    uitgesien het en graag sou wou ervaar…!

    Ondenkbaar
    maar
    waar…!

    (Rev 1:8) Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

    (Rev 21:6) En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

    (Rev 22:13) Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

    Ons “christene” behoort mos hierdie dinge te weet…!
    of het ons dit alles vergeet…?

    (Ecc 8:5) Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.

    (Ecc 8:6) Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.

    Sien is glo
    Glo is sien

    Mag God jou ryklik seën.

    johannes_11

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz oppi draadloos
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    johannes_11

    5 April 2007 at 16:32

  10. Die einde van die wêreld is nou al verskeie kere aangekondig deur selfaangestelde profete en huisvrouens tussen potte wat openbarings op kombuismure beleef het.

    Dit het nog nooit waargeword nie. Die “profete” is gewoonlik spoorveld na hulle spesifieke datum die dak met ‘n lepel gesteek het – al huppelende met ‘n vet royalty check en ‘n getekende kopie van hulle eie boek onder die arms.

    Johan Swarts

    9 April 2007 at 10:52

  11. Moenie vashaak by dit wat die kerke jou geleer het nie… geen drome, visioene of eie “doopsous” nie… Die Woord verklaar die Woord…!

    Geen royalty check… die boek is gratis beskikbaar ek kan bestel word by http://www.familyradio.com en kan ook online gelees word by http://www.timehasanend.org …. jys ‘n kliek weg van die Waarheid…!!!

    Maar ek beveel aan dat jy veel eerder die Bybel lees… voordat jy boeke van mense lees, al kry jy dit gratis!

    Vreugde en Vrede

    johannes_11

    johannes_11

    9 April 2007 at 18:03

  12. Nou ja? Nêrens in die Bybel is daar ‘n vasgestelde datum vir die wederkoms of die einde van die heelal nie. Kry jou feite reg.

    Johan Swarts

    9 April 2007 at 19:05

  13. johan swarts…. dat ek nou met my naamgenoot nou so moet sukkel…

    Ek weet daar staan nêrens… “Jesus gaan terugkeer op die 20-1/10/2011” nie…. jy is korrek…! So was dit met ook Christus se eerste koms….terwyl dit Ou Testament “deurdrenk” was daarvan…!!! Die armsallige herders wat skape opgepas het, het dit eerste gehoor… en toe daarna… selfs die wyse manne…!!! Maar God het die hooghartige trotse skrifgeleerdes en wetsgeleerdes verblind…!!!

    Vandag sit ons met die Ou en die Nuwe Testament… ook “deurdrenk” met nog meer inligting… net vir ons om te lees…! Dalk het die armsallige herders dit weer eerste gehoor…?
    Het God dalk weer blindheid gebring oor veral die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes van ons dag….? Ek dink beslis so… hulle klou elkeen krampagtig vas aan hul eie “do it yourself”-gospel!

    Die “ark” staan gereed my vriend…!!! Buig die knie en begin weer lees… die Bybel bedoel ek…! Die boeke wat ek aanbeveel kan as handige hulpmiddel dien…!! En ek is geen teoloog nie… maar net ‘n armsallige Bybelleser…!!!

    Geniet dit… die Bybel bedoel ek! As jy te lui is…Het jy ‘n radio… tune in… inteendeel jy hoef niks te doen… net die bekkie oopmaak en eet…. die “Brood” sal die werk doen!!!(jj)

    johannes coetzee

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz oppi draadloos
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    johannes_11

    10 April 2007 at 9:36

  14. George, ek geniet jou blog, want dit gee geleentheid om ander se gedagtes te deel. Elke mens wat dit lees, kan dan vir hulself besluit, wat die waarheid is en wat fabels is. Jou doel is opreg, dus sal jy waarde daaruit kry, saam met baie ander wat dit lees en daaraan deel.

    Hans Matthysen

    18 Mei 2007 at 12:11

  15. your story is dumb

    zelda kruger

    14 Februarie 2009 at 13:45

  16. neem hierdie vanaf die internet watch this space!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    hahahahahehehehehehehehahahaahheheheehahahahahheheheheahahhaha

    christa langenhoofen

    14 Februarie 2009 at 13:50


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: