riviersonderend

Die jaar van die vark

with 3 comments

goldenpig.jpgVolgens Sjinese astrologie is ek in die jaar van die vark gebore. Ek het met groot verontwaardiging kennis geneem van die feit. ‘n Vark. Hoekom kon dit nie eerder die jaar van die draak gewees het nie? Dit klink net meer glamorous. Maar mens kan seker nie kies wanneer jy gebore wil word nie. Of kan jy?

In elk geval, die Sjinese het die jaar van die vark binnegegaan, so voorspoedige jaar vir al die Sjinese en enige iemand anders wat ook ‘n vark is. (Nie dat enige Sjinees hier lees nie, maar tog: dit is my jaar ook.)

Gerugte wil dit hê dat dit nie sommer enige varkjaar gaan wees nie. Sommige glo dit is die jaar van die goue vark wat net so elke 60(0?) jaar ‘n draai maak. Dit beteken meer voorspoed vir die gelukkige klein otte wat vanjaar gebore word.

Blykbaar kom ons varke goed oor die weg met hase en skape, maar ons sukkel met slange. Adam sou ons gelaaik het.

Verder het varke baie meer goeie eienskappe as slegtes. Ek dink.

Advertisements

Written by George Maru

19 Februarie 2007 at 7:28

Posted in sommer net

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Jy kon ‘n rot gewees het. Dis erger.

    En sonder om jou bubble te bars, ek’t gehoor dis gewoonlik ‘n goeie jaar vir almal behalwe die’s wat onder die spesifieke teken gebore is. Maar toemaar, die jaar van die skaap was nietemin ‘n baie goeie jaar vir my – so ek vermoed my bron is onbetroubaar.

    (Sorry, ek dink ek’s besig om jou spot te spam – maar ek is seker die naaste aan ‘n Sjinees wat hierdie inskrywing sal lees, so ek voel tot ‘n mate verplig om te reageer.)

    idiwidi

    17 Maart 2007 at 18:28

  2. Vra vir die Sjinese of dit werklik die beste groep diere was waarmee hulle vorendag kon kom? Rotte, skape, varke? Dalk is dit maar ‘n kulturele ding – die diere het ander betekenis in die Sjinese kultuur as in die Westerse kultuur. Ek sou nogals graag wou weet hoe is daar op die spesifieke diere besluit.

    George Maru

    18 Maart 2007 at 15:10

  3. Hmmm. Ek sal ‘n bietjie ondersoek instel en terugkom…

    idiwidi

    18 Maart 2007 at 16:05


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: