riviersonderend

Vrede en oorlog

leave a comment »

(Kahlil Gibran, vertaal deur Gerhard Beukes)

Drie honde het in die son lê en bak en slimpraatjies verkoop.

Die eerste het met droomoë gesê: “Is dit nie heerlik om in hierdie verruklike honde-eeu te leef nie! Dink ‘n bietjie hoe gemaklik ons vandag onder die see, op vaste aarde en selfs in die blou lug kan rondreis? En dink na oor al die geriewe wat die beskawing vir ons honde uitgevind het – geriewe vir ons oë, ons ore, ons neuse en ons bene!”

Die tweede hond het hom lui uitgerek en gesê: “Ja – en kyk hoeveel kunssinniger is ons huidige honde-geslag! Ons blaf baie meer ritmies vir die maan as ons voorouers! En wanneer ons onsself in die water weerspieël sien, merk ons hoeveel mooier en indrukwekkender ons gesigte is as dié van die voorgeslagte!”

Toe praat die derde hond: “Wat my persoonlik die meeste interesseer en verwonder is die stille begrip wat tussen ons honde-geslagte bestaan.”

Op daardie oomblik spring al drie verskrik op. Sowaar – die hondevanger was in aantog!

Al drie laat spaander in die straat af, en terwyl hulle ore in die nekke platlê, sê die derde hond: “Roer julle bene, kêrels! Hardloop om julle lewens! Die beskawing is nog steeds op ons hakke!”

 

Advertisements

Written by George Maru

18 Februarie 2007 at 8:53

Posted in sommer net

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: