riviersonderend

Die einde van ‘n kerk?

with 2 comments

Toe ek Ruth Gledhill se mening lees oor die Anglikaanse kerk se dilemma, het ek onwillekeurig aan Sinead O’Conner se The last day of our acquintance gedink:
This is the last day of our acquaintance
I’ll meet you later in somebody’s office
I’ll talk but you won’t listen to me
I know what your answer will be

Ensovoorts.

Gledhill meen die tyd het aangebreek vir die Anglikaanse kerk om te skeur. Sy verkies om van ‘n egskeiding te praat. Die standpunte oor homoseksualiteit is net te uiteenlopend om almal tevrede te stel. Dit sal ook nie die eerste keer wees wat ‘n kerk skeur nie. Dit is iets wat die Christendom goed bemeester het: 1054, die 14de tot 17de eeue. Vandag word nuwe kerke gestig soos die Gees mense lei.

Gledhill merk tereg op: “There seems little purpose in unity if the factions within an organisation cannot see eye to eye with each other any more.” Sommige streke, soos Australië voel dat die kwessie nie belangrik genoeg is om die kerk te skeur nie. Suider-Afrika en die Soedan meen die fokus moet op armoedeverligting en die beëindiging van konflik wees.

Ten spyte van die versoenende gebare, wil dit voorkom of die kloof tussen die VSA/Kanada en Nigerië/ander Afrikalande te groot geword het. Hulle hoef nie meer te luister om te weet wat die ander gaan sê nie. Al wat nou oorbly is om te besluit wie kry wat. Dit is reeds besig om te gebeur. Die afvallige gemeentes (wat hulself by Nigerië geskaar het) en die Amerikaanse moederkerk trek klaar tou oor die bates.

Selfs nie organisasies kan vir ewig bestaan nie, ten spyte van ‘n beroep op bo-natuurlike hulp.

Advertisements

Written by George Maru

15 Februarie 2007 at 7:49

Posted in gay regte, godsdiens, nuus

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Tot die dag dat hulle skeur, sal die konserwatiewe kerke in Afrika aanhou om die terme te bepaal waarbinne die debat gevoer word.

    saligerus

    16 Februarie 2007 at 11:47

  2. Ja, getalle tel seker, veral as jy groei en die ander stagneer. Dalk het die Anglikane Afrika meer nodig as wat Afrika die Europese en Amerikaanse kerk nodig het. Behalwe nou vir die geld, natuurlik.

    George Maru

    16 Februarie 2007 at 17:00


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: