riviersonderend

Valentynsdag en slawerny

with 4 comments

Deesdae word maatskappye verantwoordelik gehou vir die hele verskaffingsketting van hulle produkte. Neem maar die diamantbedryf as voorbeeld. Na aanleiding van die protes teen “bloeddiamante” is die Kimberleyproses ingestel. Nou lyk dit asof sjokoladevervaardigers ook gedruk word om hulle huis in orde te kry.

Verlede week het Teun van de Keuken, ‘n Nederlandse joernalis, homself by die hof aangemeld en gevra dat die regter hom tronkstraf gee. Sy misdaad? Hy het sjokolade geëet. Party mense sal seker dink dit is bietjie ekstreem as jy op ‘n dieët wil gaan. Van de Keuken se argument: as jy sjokolade eet, is jy indirek besig om kinderslawerny te steun.

Côte d’Ivoire is verantwoordelik vir 40% van die wêreld se kakao-produksie. Op die plantasies werk 5,000 tot 10,000 kinders as slawe-arbeiders. Duisende meer werk in haglike omstandighede vir familielede.

Die artikel maak ook die geldige punt dat die burgeroorlog in Côte d’Ivoire op die oomblik ‘n groter probleem is. Sonder dat dit nie aangespreek word nie, sal die lot van kinders op plantasies in elk geval nie kan verbeter nie.

Advertisements

Written by George Maru

14 Februarie 2007 at 11:08

Posted in nuus

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het nie regtig ‘n comment nie ek wil net se dat jou post my nogal laat dink. Goed gese!

    Lekker dag.

    maarnetek

    15 Februarie 2007 at 6:52

  2. ‘n Westerling staan geskok oor wat hy sien, maar nie volkome verstaan nie. Hy begin ‘n veldtog teen sjokelade eet.
    ‘n Bietjie minder sjokelade word gekoop, en die prys van kakao val tydelik effens. ‘n Paar families verloor die enigste inkomste wat hulle het. Slawerny gaan voort.
    Verskoon my, maar ek verag hierdie tipe aktivisme (wat veral baie volop in Britanje is). Om die probleem op te los sal baie meer tyd en energie as net ‘n verbruikersaksie verg, en dit sal nie sonder deelname van plaaslike belanghebbers kan werk nie.

    alleman

    16 Februarie 2007 at 20:37

  3. Alleman,

    Van de Keuken se optrede (en om nie sjokolade te eet nie) is opsig self nie die oplossing nie. Wat wel gebeur is dat mense bewus gemaak word en dat groter druk op maatskappye geplaas word om verantwoordelikheid te neem vir hoe hulle produkte gemaak word.

    Neem maar Shell as ‘n voorbeeld in Nigerië. Na die teregstelling van Ken Saro-Wiwa was daar geweldige druk op Shell om verantwoordelik besigheid te doen in die gasheerland. Dit is deel van globalisering.

    Maar soos die artikel uitwys, is die grootste probleem in die geval, die burgeroorlog in die Ivoorkus. As dit nie aangespreek word nie, sal enige boikotaksies in elk geval meer skade as goed doen.

    George Maru

    17 Februarie 2007 at 10:45

  4. Ek is nie teen druk plaas op maatskappye om verantwoordelik te wees, of op te hou met korrupsie nie. My probleem is met veldtogte wat sterk op verbruikersaksies steun, en eintlik net mense goed laat voel oor hulself. In Britanje is daar so baie sulke gevalle, en die effek wat ek sien, is ‘n placebo effek. Mense voel hulle doen iets, maar eintlik word die probleem glad nie aangespreek nie, want dis gewoonlik ‘n moeilike probleem wat baie meer as net maklike aksies sal verg.

    Die ander effek wat ek sien, is die idee dat Afrika se probleme deur Westerse aksies moet of kan opgelos word. Dít is eintlik een van Afrika se heel grootste probleme.

    alleman

    17 Februarie 2007 at 13:46


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: