riviersonderend

Idees vir Valentynsdag

leave a comment »

As jy aan die slaap was en vandag onkant gevang is, dit is nie te laat nie. Hier is ‘n paar idees van oral oor om jou geliefde te wys jy gee om:

1. Australië: Gaan vir ‘n vasektomie.
2. Sjina: Koop vir haar ‘n Cartier horlosie ter waarde van R 37,000 of koop vir haar ‘n huis ter waarde van £ 500,000 (Brittanje). Huur iemand om dit toe te draai.
3. Indië: Hou ‘n betoging en dreig almal wat in die openbaar hande vashou en soen. Veral effektief as jy die jaar suurgat by die huis sit oordat jy afgesê is net voor die groot dag.
4. Amerika: Huur ‘n privaatspeurder om uit te vind waarom sy werk hom wéér op Valentynsdag Hawaii toe gestuur het.
5. Amerika: Kry iemand om ‘n haaskostuum aan te trek en vir jou geliefde Celine Dion se My Heart will go on te sing. Bonuspunte in die omgee-afdeling as dit tydens werktyd gebeur.
6. Japan: Nie so gelukkig die Valentynsdag nie? Niemand het jou raakgesien nie? Wag tot 14 April, eet dan swart noedels en hou ‘n pity party for one.
7. Amerika: Gaan kyk hoe die diere dít doen in die dieretuin. As julle effe lui voel, is daar altyd die Discovery kanaal.
8. Brittanje: Ongetroude vrouens kan ‘n lys maak van potensiële huweliksmaats. Skryf elke naam op ‘n aparte papiertjie. Maak dit aan ‘n stukke klei vas. Gooi die klei in die water. Die naam op die papier wat eerste opkom, is die wenner. Vertel hom.

Advertisements

Written by George Maru

14 Februarie 2007 at 7:16

Posted in vreemd

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: