riviersonderend

‘n Bultradisie

leave a comment »

Nee, ek gaan nie na ‘n sekere span wat agter ‘n sekere bal aan hardloop, verwys nie. Die DBV vergader vandag om Tony Yengeni se optrede as nuutgevonde vry man te bespreek. Tydens ‘n reinigingseremonie het hy ‘n bul geslag. Die beswaardes het dit veral teen die manier waarop die bul geslag is. Verdedigers van Yengeni beweer dat die ritueel deel van die bepaalde kultuur is.

Onthou dat die steniging van oortreders ook deel was van volke se kultuur (in sommige gevalle is dit stééds). Slawerny was ook deel van volke se kultuur. Kannibalisme ook.

Is dit nie nodig om eerder te vra wat ‘n moderne samelewing in die 21ste eeu behoort te verdra en wat nie? Om optrede alleen onder die vaandel van kulturele, godsdienstige en taalregte te regverdig, is nie goed genoeg nie.

Nie in 2007 nie.

Advertisements

Written by George Maru

13 Februarie 2007 at 12:24

Posted in nuus

Tagged with

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: