riviersonderend

Wetenskap en godsdiens: geoorloofde diskriminasie?

leave a comment »

Die New York Times berig oor Marcus Ross, ‘n skrander paleontologie student wat sy doktorsgraad voltooi het. Dit opsig self is seker nie nuuswaardig nie, maar Ross is ook gelowig en ‘n jongaarde kreasionis, m.a.w. hy glo die aarde is nie ouer as 10,000 jaar nie.

Dit is ‘n verrassing vir iemand wat in ‘n veld werk wat die evolusieteorie aanvaar as sy basiese vertrekpunt. Hoe versoen Ross die teenstrydighede? Hy werk met twee paradigmas: die teorieë van paleontologie bied ‘n verklaring vir die verlede, so ook die Bybel.

Dit maak nie almal gelukkig nie. Sê professor Jon Boothroyd:

People go somewhat bananas when they hear about this.

Sommige wetenskaplikes is ongemaklik hiermee. Volgens hulle maak dit saak hoe ‘n persoon sy/haar graad wil gebruik. Neem Dr. Kurt Wise as ‘n voorbeeld. Hy het onder die bekende Stephen Jay Gould gestudeer, is ‘n kreasionis, en gebruik die assossiasie met Gould tot sy voordeel, alhoewel Gould radikaal met hom verskil het.

Belangrike vrae wat die artikel vra:

– Mag ‘n sekulêre universiteit gekwalifiseerde studente ‘n graad weier as gevolg van hulle geloof?

– Kan ‘n studenteerlike werk lewer wat teenstrydig is met sy/haar geloof?

– Moet universiteite in ag neem waarvoor studente hul grade wil gebruik?

– Is dit godsdienstige diskriminasie om studente te weier waar hulle geloof teenstrydig is met die vakgebied? Behoort dit geoorloof te wees.

Advertisements

Written by George Maru

12 Februarie 2007 at 8:23

Posted in godsdiens, nuus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: