riviersonderend

Die reënmaker

leave a comment »

wolke.jpgDie inwoners van ‘n dorp in Japan het ‘n gerespekteerde leermeester gevra om na hulle dorp te kom. ‘n Groot droogte was besig om die dorp se bestaan te bedreig. Hulle het reeds verskeie reënmakers genader sonder enige sukses.

Die leermeester het gesê dat die dorp vir hom ‘n klein huis met ‘n tuin moet gee. So gevra, so gedaan. Die dae het gekom en gegaan. Die leermeester het net in sy tuin gewerk. Hy het niks van die inwoners gevra nie. Hy het nie gedoen wat reënmakers doen nie.

Na ‘n ruk begin dit reën. Nodeloos om te sê, die dorp was gelukkig. Hulle wou weet hoe hy dit laat reën het. Hy antwoord dat hy onenigheid in sy gemoed gehad het toe hy na die dorp gekom het. Elke dag het hy in die tuin gewerk. So het harmonie weer teruggekeer na hom. Hoekom het dit begin reën? Hy sou nie kon sê nie.

Advertisements

Written by George Maru

11 Februarie 2007 at 12:14

Posted in spiritualiteit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: