riviersonderend

Ndungane, die kerk en vrees

leave a comment »

kerkinafrika.jpgIn die New York Times verskyn ‘n skets van die lewe en visie van Njongonkulu Ndungane, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad. Natuurlik speel die onenigheid in die wêreldwye Angklikaanse gemeenskap oor homoseksualiteit ‘n prominente rol in die gesprek.

Ndungane bepleit ‘n oplossing wat ruimte sal skep vir baie wonings binne die een tent. Hy merk op dat die kerk eerder moet fokus op die uitdagings eie aan Afrika: VIGS, armoede, oorloë en hongersnood. Die New York Times berig:

“I wonder if somebody could calculate how much money is being spent on these meetings, which deal with one issue and one issue only, when we have 48 million orphans?” he asked. “Whose agenda is this? Definitely in my view, this is not God’s agenda.” Nor is it the average Anglican’s agenda, he said. “I interact with people on the ground. They don’t care about the lifestyles of the people in America.”

Natuurlik het die aartsbiskop ‘n punt beet. Maar die Christendom in Afrika is ook in ‘n stryd met Islam gewikkel om aanhangers te werf. Daarom is dit belangrik om op jou navolgers se vrese te speel. Vrees mobiliseer mense soos geen ander mag. Dit doen godsdiens baie goed. Die kerk in Afrika besef dat mense se vrese ‘n magtige wapen is om uit te buit. Vergelyk maar die onderonsie in Kenia tussen museums en Christene oor evolusie.

In die weste taan kerke se lidmaattalle, aangesien mense se vrese nie meer so maklik uitgebuit kan word nie. Die les moet die kerk in Afrika nog leer. Vrees is ‘n effektiewe instrument om mense mee te manipuleer. Die een of ander tyd verbrokkel die vrese in die ontwikkeling van menslike bewussyn. As jy niks anders as vrees kon aanbied nie, vind jou gou dat jy nie langer nodig is nie.

Advertisements

Written by George Maru

10 Februarie 2007 at 12:35

Posted in gay regte, godsdiens, nuus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: