riviersonderend

Argetipes

leave a comment »

Nou die dag dink ek oor die Karoo, spesifiek die spirituele ervaring wat dit my bied. Ek dog toe ek sal bietjie skryf oor die spiritualiteit van die Karoo. Toe wonder ek oor die rol wat woestyne en ander droë plekke deur die eeue in reisigers se spirituele soeke gespeel het. Van die vroegste tye het mense na woestyne gegaan om hulself af te sonder in die hoop om ‘n spirituele ontwaking te hê of deurbraak te maak. Veral askete was lief om die onhergbergsame gebiede aan te durf.

Die monnik/non is natuurlik ‘n bekende argetipe. So begin ek toe wonder oor argetipes. Elke persoon is veronderstel om sekere argetipes te hê wat prominent in sy/haar lewe figureer. ‘n Ruk gelede lees ek ‘n boek wat beweer dat elke mens 12 sulke argetipes het waarvan 4 deur alle mense gedeel word.

Ek dog toe, dalk is dit ‘n goeie idee om hierdie 12 argetipes bietjie te ontgin. So, binnekort sal die eerste inskrywing van 12 verskyn oor my argetipes. Omdat die hele affêre begin het by die spiritualiteit van die Karoo, voel ek dit is gepas om daar te begin. Die eerste argetipe is dus die monnik.

Advertisements

Written by George Maru

10 Februarie 2007 at 20:01

Posted in spiritualiteit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: