riviersonderend

Die wederopstanding van Generaal de la Rey

with 12 comments

De la Rey, de la Rey sal jy die boere kom lei?

Hierdie woorde weergalm nou al geruime tyd deur Suid-Afrika. Skielik het almal ‘n opinie. Is dit ‘n oproep tot gewapende verset? Verregse groepe het dit opgeëis as hulle krygslied. Dit is nou nie juis geselskap waarin jy jouself wil bevind nie. Tog bly ons maar lief om oor hulle doen en late te praat. So die song is kontroversieël.

Sommige voel dit spreek tot die Afrikaner se versugting na ‘n leier. Hoekom soek die Afrikaner ‘n leier? Na 1994 het die Afrikaner die politieke mag verloor. Nie dat dit so baie saak gemaak het nie. Onder die leiding van Nelson Mandela het mense groot hoop vir die toekoms gekoester. Maar Suid-Afrika is nie vandag die paradys wat almal gehoop het dit sal wees nie. Misdaad is nie onder beheer nie. Die persepsie bestaan dat die regering nie omgee nie. Die kinders voeter oorsee, net om een maal elke twee jaar of so gesien te word. Mense voel standaarde verlaag, daar is korrupsie orals en niks word gedoen nie. Moer regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging by die potjiekos, en jy het ‘n resep vir grootskaalse ontevredenheid. Die kinders sê, “Apartheid was nie my skuld nie. Ek was nog nie gebore nie.”

Iemand moet die gemors regmaak. Reeds geruime tyd is die posisie van instansies wat gesag in die gemeenskap afgedwing het, aan die verbrokkel. Wie sal help? Die kerk? Te irrelevant. ‘n Politieke party? Die politieke masjien van die NP is iets van die verlede. Die enigste effektiewe politieke krag vandag (die ANC) kan die Afrikaner nie mee identifiseer nie. Besigheid? Dit is net vir geldmaak. Die Afrikaner soek ‘n leier wat sy versugtinge verwoord en aanspreek. So die song is gewild.

Tog dink ek daar is meer. Jare gelede is ek op ‘n toer deur Namibië (dit was so ‘n jaar of twee na onafhanklikheid). Een aand slaap ons oor in Kaokoland waar ons saam met die plaaslike mense gekuier het. Op ‘n stadium doen hulle toe vir ons van hulle tradisionele danse. ‘n Mens het sommer so ‘n warm gevoel gekry by die aanskoue van die rituele. Die rituele het die mense saamgebind. Daar het ‘n samehorigheid geheers wat oorgespoel het, en ons aangeraak het.

Hulle vra toe dat ons dieselfde doen. Iets van ons kultuur met hulle deel. Wat nou gemaak? Sal ons volkspele doen? Wie weet nog hoe doen ‘n mens dit? Wat bied jy aan wat uniek is aan jou kultuur? ‘n Ritueel wat jou as volk saambind?

Dit is die lot van ‘n moderne, verwesterde nasie. Sy unieke rituele is aan die uitsterf. Rituele bied ‘n konkrete manier om te toon dat jy behoort. Dit word al hoe moeiliker om moderne nasies van mekaar te onderskei. Dit is alte maklik om van een land na die volgende te beweeg en daar aan te pas. Dit is maklik vir die westerling om in enige westerse land in te smelt en deel te word van die bevolking.

Dit is nie noodwendig sleg nie. Inteendeel, ek glo nasionalisme is een van die grootste euwels wat daar is. Mense pas ook aan. Hulle wil ook nie werklik teruggaan na “die goeie ou tye” nie. Maar soms verlang mense nog na ‘n tyd wat was, na die stories van helde wat ‘n volk gelei het, na die rituele wat ons laat behoort het. Daarom is ‘n song soos De la Rey gewild. Dit herinner ons aan wie ons was. Maar ons weet ook dat daardie tyd verby is en dat ons op nuwe maniere behorendheid moet vind in ‘n wêreld waar die volk dit minder en minder bied.

Eintlik wil ons dit ook nie anders hê nie. Maar tog is dit lekker om so af en toe net ‘n bietjie te verlang.

Advertisements

Written by George Maru

7 Februarie 2007 at 4:19

Posted in nuus

12 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ten tijde van het apartheidsbewind kon ik de Afrikaanders niet bepaald bewonderen. Maar nu – na al die jaren waarin zij zich hebben aangepast- denk ik dat zij het recht hebben op een lied als ” De la Rey”: heel Nederland is trouwens vol met “Afrikaanse” wijken met namen als De la Reykade, De Wetstraat, Kruegerlaan, enz., zodat wij niet kunnen zeggen dat wij er niks mee te maken hebben. Goed, het is een romantisering, maar mag dat af en toe niet? Als er ten minste geen misbruk van gemaakt wordt voor een ander doel. Want de Britten hebben ook geen recht om zichzelf op de borst te slaan….

    mouring lindenburg

    2 Maart 2007 at 14:31

  2. En daarmee bedoel ik: de Britten hebben zich altijd geromantiseerd: Duinkerken was een overwinning; India was een succesverhaal (evenals hun verdere dekolonialisering:zie Zimbabwe) en ” in matters of commerce the fault of the Dutch is giving too little, and asking too much.” (zij niet). ).De Ieren waren (en zijn) achterlijk. De beste kostscholen ter wereld! Waar ook nog eens Waterloo gewonnen werd. En ze zijn er mee weggekomen! Bijna iedereen is erin gaan geloven.Velen zijn erin getrapt: ook in Afrika. Toch knap.

    mouring lindenburg

    2 Maart 2007 at 15:52

  3. Ek dink nie daar is een nasie wat homself te hard op die skouer kan klop nie.

    George Maru

    4 Maart 2007 at 19:48

  4. Daar is niks fout met verlang nie. Ons almal verlang

    ________________________________________________
    VERANDERING: Ek het die URL verander van http://www.generaaldelaray.co.za na http://www.generaaldelarey.co.za – lyk of dit ‘n tikfout was. Eersgenoemde webwerf bestaan nie.

    George

    de la Rey

    7 Maart 2007 at 11:50

  5. Die boerevolk het ‘n nie alleen ‘n Generaal nie…!!
    Hulle het ‘n Koning…
    Dieselfde Koning wat geen nasie op hierdie liewe aarde as hul Koning uit hulle eie sal aanvaar nie…
    Ek hoef nie eers Sy Naam te noem…
    Volgens Sy Woord gaan Hy binnekort op die wolke verskyn

    (2Pe 3:3) Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

    (2Pe 3:4) en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

    (2Pe 3:5) Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

    (2Pe 3:6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.

    (2Pe 3:7) Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

    (2Pe 3:8) Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

    Jaar van die Vloed in die dae van Noag… 4990V.C. + 7000 jaar(sewe dae vanaf die Vloed) = AD 2011

    Hou jou oog op die wolke … Hy kom beslis.

    (Rev 22:20) Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

    (Rev 22:21) Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

    Mag God jou ryklik seën.

    johannes_11

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz ….oppi draadloos
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

    johannes_11

    9 April 2007 at 11:07

  6. Die psalms is ‘n versameling van lirieke en gedigte. As sulks kan dit nie gebruik word as profesieë nie, aangesien dit meer soos ‘n Groot Verseboek vol Sheila Cussons-verse is. Wat jy nou besig is om te doen, is soortgelyk daaraan om Breyten Breytenbach te gebruik om die volgende wit president van Suid-Afrika se gunsteling kleur te voorspel.

    Johan Swarts

    9 April 2007 at 19:21

  7. Die Afrikanervolk word altyd afgekraak, dus is dit vir my mooi, dat die jeug, van ons posetiewe geskiedenis bewus gemaak word, deur De la Ray. Dat hulle trots kan wees op hul herkoms en besef, dat deur ons voorvaders se bloedoffers, het ons ook ‘n bestaansreg in hierdie land.
    Johannes, daar is ‘n tyd om te eet en ‘n tyd om te werk, en ‘n tyd om huis toe te gaan. Ek dink jy is nou by die verkeerde onderwerp omdat hierdie onderwerp gaan oor Generaal de la Rey en nie Jesus nie. Op hierdie blog, is dit tyd om oor De La Rey, kommentaar te lewer.

    Hans Matthysen

    18 Mei 2007 at 21:45

  8. Dirk Mensink

    Nederlanders zijn zeer arrogant in vergelijking met Afrikaanders.
    Ik kan hierover oordelen, omdat ik beiden ken.
    Van de Zuidafrikaanse gastvrijheid en vriendelijkheid heb ik altijd zeer genoten. Nederlanders zijn dit beslist niet !!!!
    De Nederlanders zijn in feite duizend maal racistischer dan de doorsnee Afrikaander. Stop nog meer zwarten in Nederland en ze zullen de Duitsers overtreffen met genocide !!! Geen zwarte of Moslim zal het overleven. Afrikaanders moeten gewoon trots zijn op hun kultuur, taal en geschiedenis en niets van die hypocriete Kaaskoppen aantrekken. En de Afrikaanse meisjes zijn ook veel mooier en liever dan die lelijke viskoppen in Holland ! De Nederlandse vrouwen zijn rijp voor de brandstapel.
    Afrikaanders, wees trots op uw land, taal en kultuur.
    De Kaaskoppen worden in de toekomst toch weggespoeld in hun moerassen.

    DIRK MENSINK

    21 Julie 2007 at 0:24

  9. Dirk die vuur is al aangesteek, die brandstapel brand alreeds, maar ek is bevrees die mans gaan saam brand.

    Anoniem

    21 Julie 2007 at 9:42

  10. Mense, sit neer die vuurhoutjies 🙂

    George Maru

    23 Julie 2007 at 16:27

  11. Beste mensen ik ben afgelopen 4 weken in Zuid-Afrika geweest en heb enorm genoten van alle mooie dingen. En net als in elk ander land zijn er ook minder mooie kanten. Maar door elkaar afkraken of op de brandstapel te wensen is niemand beter van geworden.
    Verenig jullie, en laat de rest van de wereld weten wat er mis is in jullie land. Ik wil jullie bedanken voor de gastvrijheid die ik in jullie prachtige land heb genoten!!!!!!!!!!!!!

    Bert

    19 Augustus 2007 at 0:04

  12. Bert, ek is bly jy het SA geniet. Kom kuier gerus weer!

    George Maru

    19 Augustus 2007 at 18:36


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: