Lingua Latina vivit… Not.
Vandag nog het ek ‘n baie sagte plek vir Catullus en sy geteem oor Lesbia wat hom liefhet en dan weer nie (of dalk was hy die besluitlose een). As daar nou iemand was met wie ek kon identifiseer, dan was dit Catullus en sy onbeantwoorde liefde.
Dan is daar Vergilius, skrywer van die Aeneïs. Sal ek ooit die einde vergeet waar Aeneas vir Turnus doodmaak en die debat daaromtrent? Vergilius het ‘n unieke manier gehad om deur woordplasings sy idees te kommunikeer. Het sleg toe goed oorwin, of nie? Wie weet.
En Ovidius se Metamorfoses. Die moerbeibos in die storie van Pyramus en Thisbe. Dit is natuurlik die oorsprong van Shakespeare se Romeo & Juliette.
Die Galliese Oorloë van Julius Caesar was voorgeskryf. Jy het saam met hom die veldslae beleef. Soms was jy die gewonde soldaat nadat jy paragraaf op paragraaf vertaal het.
Dit was Latyn.
Nou berig die BBC dat Latyn aan die uitsterf is. Dit mag dalk as ‘n verrassing vir sommige kom dat die taal nog nie uitgesterf het nie. Maar die Filistyne in die Vatikaan praat dit steeds, weliswaar al hoe minder.
Dit voel ongelooflik en hartseer dat ‘n wêreldtaal wat die mensheid so baie agtergelaat het, nou net bestaan in die woorde van haar grootste kinders. Niks is permanent nie.
Een van my gunsteling kortgediggies van Catullus:
LXXXV. (Ek haat en ek het lief)
odi et amo. quare id faciam, fortasse requiris.
nescio, sed fieri sentio et excrucior.
[…] Ek het al hier oor Catullus se gedig “odi et amo” geskryf waarna hierdie gedig […]
My nagte saam met Van Wyk « riviersonderend
4 September 2007 at 22:28