riviersonderend

‘n Handvol note

leave a comment »

Ek het die ou jaar koebaai gesê, en die nuwe jaar tegemoet geloop in die Cederberge, naby hierdie plek:

handvolnote.jpg

(Skurfkop, Skurfkop, wanneer hou die stofpad op?)

Dit is op ‘n rooibostee-plaas, so 3 km van die grootpad af. Natuurlik grondpad. Die een huisie se mense het besluit om nie daar te oornag nie, nadat hulle gesien het hulle moet grondpad ry. Moerse. Dit ís die Cederberge. Jy kom nêrens as jy nie stofpaaie aandurf nie, veral nie daar nie.

handvolnote1.jpg

“Hy slaap waar hy wou wees –
Hier in die skoot van ons vaal Karoo”

handvolnote2.jpg

Algeria. Hier gepiekniek in die dennewoud. Al ooit opgemerk hoe stil die lied van voëls in ‘n dennebos is? Algeria se Cederberge is nie so hartseer so dié waar Leipoldt se graf is nie, ten spyte van die feit dat Algeria my altoos aan die land Algerië laat dink waar tussen 150,000 en 200,000 mense in die burgeroorlog van 1991 – 2002 dood is.

handvolnote3.jpg

Ek is aangetrek vir die okkasie. Hier poseer ek met van die proviant vir die groot aand.

handvolnote4.jpg

Die Swart Gevaar was ook daar.

In die huisie langsaan trek daar toe mense in wat nie daar moes wees nie. Hulle sou die volgende aand kom en al drie huise beset. So almal voeter toe in een huis in.

Die aand sing hulle met kitaar en tamboeryn. Waai windjie waai. Bring haar terug na my. Waai windjie waai. Bring hom terug na my. Die Lady in Red gaan die nuwe jaar happy binne. Dan hoor ek “my sweet lord, (ek kak in die broek), my sweet lord (ek kak in die broek).” Baie zen. Later verlang ons weer, die keer na Daniel, voordat ons ons commonness weer ontdek: “Islands in the stream, that is what we are, nowhere in between.” Ek sien net tiete.

So tune ons in en uit. Die vuur knetter voort. Die note kom en gaan. Iewers sing Radio Tamboeryn van Rondomskrik se meide wat baklei. Ek weet nie hoekom nie.

Ek soek die suiderkruis, maar kry net die vals suiderkruis. Later help iemand my reg. Daarso. Die vuur is reg. Dit is tyd om kos te maak.

Mag die nuwe jaar vol note wees.

Advertisements

Written by George Maru

3 Januarie 2007 at 8:59

Posted in algemeen

Tagged with

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: